Discovery, Rustenburg Impala wen Sables-toernooi in K’dorp

Rolbal is weer in volle swang en die wenners van die half- en eindstryd van die Sables Bowling Association se pare-afdeling is onlangs in Krugersdorp beslis.

Agt spanne van Krugersdorp, Roodepoort en Rustenburg het die afgelope naweek in Noordheuwel meegeding in die half- en eindstryd van die Sables Bowling Association se pare-afdeling.

Sables-distrikvoorsitter Mark Petzer het vertel dat hulle tydens die inperkingstyd nes ander sportsoorte ook maar vir ‘n ruk lank moes ophou. Gelukkig kon hulle so twee maande gelede weer met kompetisies begin.

Ian Morton van die Krugersdorp-rolbalspan in aksie terwyl Nomatter Muvhango van die Discovery-rolbalspan toekyk. Foto’s: Natasha Pretorius.

Tydens Vlak 2 van die inperking kon hulle egter net in spanne van drie speel, maar sedert die land na Vlak 1 beweeg het, kan hulle weer in spanne van vier begin deelneem.

Hy het gesê dat almal vreeslik daarna uitsien om weer in Oktober met die enkelsliga te begin, en die res van hul ligas weer te laat terugkeer na normaal.

Nomatter Muvhango van Discovery Rolbalklub in aksie.

Op Sondag, 27 September het die vier mansspanne en vier vrouespanne teen mekaar deelgeneem om te bepaal wie na die pare-eindstryd deurdring. Dieselfde dag het hulle vir die eerste en tweede plekke uitgespeel.

Die wenners in die mansafdeling was die pa-en-seun-span van Discovery, Morgan en Nomatter Muvango, terwyl Helen Jansen en Beverli Breytenbach van Rustenburg Impala die vroue-afdeling gewen het.

Elaine Livesey van Honeydew Rolbalklub fokus terwyl Marianne Lane van Discovery Rolbalklub toekyk.

Sables wil graag almal uitnooi om by hulle te kom aansluit of net ‘n draai te maak tydens een van hulle sosiale dae om te kom kyk of hulle van die sport hou.

Vir meer inligting, kontak vir Mark by 071 750 1132 of besoek die Sables Bowls Facebook-blad.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button