Covid-19-taakspan staan diereskuilings by

Friends of Rescued Animals was een van die gelukkige ontvangers.

Die Covid-19-taakspan wat deur die burgerregteorganisasie AfriForum gestig is, die familieboerderynetwerk Saai en Solidariteit Helpende Hand het onlangs in samewerking met Top Tail en Enerpets, wat twee ton hondekos geskenk het, dié kos by vier diereskuilings in Gauteng gaan aflewer.

Friends of Rescued Animals was een van die gelukkige ontvangers.

Volgens Ian Cameron, hoof van Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, staan die taakspan gereed om sover moontlik die nood te help verlig.

“Diereskuilings kry ook swaar onder die staat van inperking. Troeteldiere word toenemend by hierdie instansies afgelaai omdat mense nie meer vir hulle kan sorg nie. Skuilings word ook nie deur die regering bygestaan nie en is afhanklik van skenkings soos hierdie om die diere te onderhou. Vandag se skenking behoort die diere in hierdie skuilings vir minstens drie weke te kan voed,” het Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai gesê.

EkoKleen het ook skoonmaakmiddels vir die ontsmetting van die diereskuilings geskenk.

Mense wat skenkings of finansiële bydraes wil doen, kan AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid kontak by trauma@afriforum.co.za.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button