EntertainmentLifestyle

Tronkpakke verruil vir aandpakke

FAIRLAND – Noem My Skollie se sterre is opwonde om een van die eerste Afrikaanse ware verhale aan kykers bekend te stel.

Die rooitapyt het dié keer ‘n ander atmosfeer gehad – meer afwagting met ‘n waardige legende wat sy opwagting gemaak het.

Noem My Skollie se Johannesburg première het op 29 Augustus by Cedar Square in Fourways plaasgevind. Draaiboekskrywer, John W. Fredericks (70) het na baie jare besluit om sy eie persoonlike storie te verewig op die silwerskerm. Fredericks het agter ‘n vullishoop as deel van ‘n bende op die Kaapse vlaktes grootgeword. Hy het dit wel reggekry om hom ten spyte van sy moeilike omstandighede te vestig as skrywer.

Fredericks het netjies geklee in ‘n swart pak die rooitapyt betree. “This is the impossible dream. Ek het baie stories vertel, maar nog nie hierdie storie nie, want met hierdie storie ontbloot ek my hele lewe. Dit is iets wat my kinders nooit van my geweet het nie,” sê Fredericks. Hy noem dat hy baie tevrede is met die manier waarop die akteurs die storie uitgebeeld het. “Hulle het presies dit wat ek geskryf het oorgedra, maar nog meer, want hierdie is hulle storie ook.”

Inwoner van Fairland, Dann-Jaques Mouton vertolk AB in die rolprent wat Fredericks se karakter uitbeeld. “Ek wil nou net hê die mense moet sit en die rolprent kyk. Ek is opgewonde om na die tyd te hoor wat die mense sê. Ek dink die rolprent is epic,” noem ‘n laggende Mouton.

Kletsrymer, Simon Witbooi, beter bekend as Hemelbesem, het sy rolprent-debuut gemaak as Pollsmoor-gevangene, Ghost. “My persoonlike verwagting is dat mense natuurlik van my bydrae sal hou in die rolprent asook my song. Ek het die temalied geskryf. Luister daarna en geniet dit.” Luister hier na die temalied.

Noem My Skollie, vervaardig deur David Max Brown en Moshidi Motshegwa word landswyd op 2 September vrygestel.

Verwante artikels:

VIDEO and GALLERY: ‘Ballade vir ‘n Enkeling’ shines at première 

Related Articles

Back to top button