Rolprent bekyk temas van tiener-wees

JOBURG – 'n Nuwe Afrikaanse rolprent gee skole die geleentheid om hul skool sowel as die fliek te bemark.

‘n Nuwe Afrikaanse rolprent Mignon “Mossie” van Wyk begin eersdaags draai by teaters. Die rolprent is ‘n produk van Phoenix Films en Valhalla films wat in 2015 die rolprent, Trouvoete met Bouwer Bosch vrygestel het.

Die rolprent is nie net vervaardig vir kykergenot nie, dit het ook ‘n projek geloods om skole betrokke te kry by die bemarking daarvan. Brand Ambassadors gee leerlinge van skole regoor die land die geleentheid om die rolprent te bemark. Die skool wat die meeste betrokke raak, kry ook die geleentheid om die ‘geesbeker’ te wen. Dit is die skool se werk om kreatief te wees en die rolprent op soveel moontlike sosiale media platforms te deel.

Tanika Fourie (Mossie) en Deanre Reiners (Adriaan) speel die hoofrolle.

Die veldtog dra ook daartoe by dat leerders betrokke raak by die positiewe opbou van die gemeenskap en vrywillige werk wat hulle saam met die skool en onderwysers sal ophef. Mignon “Mossie” van Wyk handel oor onderwerpe wat talle tieners raak. Die veldtog is dus spesifiek gemik op tieners en toekomstige leiers.

Die storie volg die vertellings van die 14-jarige Luna van Wyk (Kiara Fourie) wat terugkyk na haar jeugjare, veral toe haar suster, Mignon van Wyk (Tanika Fourie) in haar laaste jaar op skool was. Die bynaam Mossie is deur haar goeie vriend Adriaan Prinsloo (Deanre Reiners, ook ‘n oud-leerling van Helpmekaar College) gegee. Mossies is reisigers, hulle wil liefde ervaar en styf vasgehou word, daarom die naam. Die rolprent volg die lewens van jong kleuters, maar kyk ook 11 jaar later na die kinders in hulle volwasse lewens. JC Snooke van Linden vertolk ook ‘n rol.

Liefdes-driehoeke en ingewikkelde vriendskappe word gesien. ‘n Ekstra bonus van die rolprent is dat dit die trefferlied, Toe vind ek jou van Francois van Coke en Karen Zoid bevat.

Verwante artikels:

Sterre weggevoer na eiland in die stad 

 

Exit mobile version