EntertainmentLifestyle

Modder en Bloed teken punte aan vir Afrikaanse filmbedryf

JOBURG – Nuwe film is 'n nodige drama-inspuiting vir bevestigde Suid-Afrikaanse filmbedryf.

 

Resensie: Mari Rheeder

Genre: Drama

Regisseur: Sean Else

Hoofrolle: Stian Bam, Charlotte Salt, Grant Swanby, Altus Theart en ander.

Punt: 9/10

Tyd: 2ure

Vrystelling: 1 April

Sean Else en Dark Matter Studios span saam om hierdie storie te vertel.

Sean Else is die draaiboekskrywer en Rudy Halgryn, Llewelynn Greeff en Henk Pretorius is die vervaardigers.

Die oomblik wanneer die ligte verdof en die skoot van Colesberg op die skerm verskyn, word die rolprentganger van 2016 terugverplaas na ‘n tydperk van perde en oorloë. Die jaar is 1901 en dit is die tyd van die Anglo-Boereoorlog. Kykers sien die karakter Willem Morkel (Stian Bam) in sy afgebrande plaashuis en reeds begin die emosie belaaide rolprent pad vat.

Hierdie rolprent verskil van die klassieke oorlogprente deurdat dit die tema van rugby en die geskiedenis agter die gewilde sport ook ten toon stel.

Opsomming: ‘n Groep boerevegters word in hegtenis geneem en na die eiland van St Helena geneem om hulle straf uit te dien.

Emosies loop hoog tussen die boere en die Britse soldate.

Willem maak ‘n weddenskap met Colonel Swannel (Grant Swanby) dat die boere ‘n rugbywedstryd teen die Britse soldate kan wen hoewel hulle glad nie die sport ken nie.

Kykers kry die kans om te sien waar die geliefde Springbok Rugbyspan begin het tesame met die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog.

Die goeie: Jy hoef nie Afrikaans te wees om die rolprent te geniet nie.

Engels word ook dikwels in die rolprent gebruik.

Die film het ‘n baie goeie balans tussen emosie en ‘n gevoel van hoop. Beligting, kostuums, grimering en stel-ontwerp is briljant.

‘n Mens kry nie die gevoel van Afrikaans versus Engels nie, maar voel eerder trots om Suid-Afrikaans te wees en die voorreg te mag hê om die Springbokke te ondersteun.

Die slegte: Soms te emosioneel en kan met tye dreinerend wees.

Oordeel: Charlotte Salt eindig die film met die woorde dat die Springbokke vir die eerste keer in 1906 getoer het saam met Paul Roos.

Eers 68 jaar later kon Brittanje dit regkry om weer ‘n wedstryd teen hul te wen. Dit som die rolprent op.

Hoewel ons die Anglo-Boereoorlog verloor het, het ons nooit opgegee nie en tog weggestap met ons koppe omhoog.

Related articles:

Vir Altyd – nog ‘n film op Afrikaans se kerfstok 

Related Articles

Back to top button