Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk (VK) span kragte saam op die grootskerm

’n Epiese verhaal van hoop, uithouvermoë, trots en glorie.

In een van die grootste rolverdelings vir ’n Suid-Afrikaanse film tot op datum, bring Modder en Bloed van die VK se grootste akteurs byeen en kombineer hul met die sterkste manlike rolverdeling ooit vir ’n Suid-Afrikaanse film.

Die Storielyn
Suid-Afrikaanse akteur Stian Bam vertolk die rol van Willem Morkel, ’n gebroke man wie se vrou en kind in ’n Britse konsentrasiekamp vermoor word en sy plaas afgebrand word tydens die Anglo-Boereoorlog, as deel van Generaal Kitchener se ‘verskroeide aarde’ beleid.

Willem en sy mede-samesweerders (Bok van Blerk, Albert Maritz, Deon Lotz) word na St. Helena Eiland geneem waar hul agter slot en grendel gehou word as verraaiers van die Koningin weens verraad teen die Britse magte in Suid-Afrika.

Dit is hier, by Stonewood Kamp, dat hulle uiteenlopende mans vanuit Suid-Afrika ontmoet, asook die simpatieke goewerneur van St. Helena Eiland (Michael Richard) en sy dogter, Katherine Sterndale (Charlotte Salt).

Die mans word geforseer om in verskriklike omstandighede te oorleef onder die gesag van die hoof van Stonewood Kamp, Kolonel Swannell (Grant Swanby) en sy manskappe Sersant Skirving (Nick Cornwall) en Korporaal Evans (Josh Myers) wat die Boere se lewe ’n lewende hel maak.

Dit is tydens hierdie swaarkrytye dat Morkel vir Swannell uitdaag vir ’n rugbywedstryd – ’n onbekende spel vir die Boere – in ruil vir die lewe van ’n gevangene (Edwin van der Walt) wat probeer ontsnap het.    

Sean Else (Platteland, ’n Man Soos My Pa) het die fliek geskryf, die regie behartig en die film vervaardig saam met Llewelynn Greeff (Leading Lady) en Henk Pretorius (Leading Lady, Fanie Fourie’s Lobola, Wolwedans in die Skemer, Hoofmeisie en die Bakgat-trilogie)

Skrywer, Regisseur en Vervaardiger:
Sean Else

Die Rolverdeling (Karakters):

Stian Bam (Willem Morkel)
Charlotte Salt
(Katherine Sterndale)
Grant Swanby
(Colonel Swanell)
Patrick Connolly
(Finn Kelly)
Albert Maritz
(Isak Naudé)
Michael Richard
(Goewerneur Sterndale)
Bok van Blerk
(Kommandant Scheepers)
Althus Theart
(Daniel ‘Yster’ Malherbe)
Jacques Bessenger (Phil Blignaut)
Edwin van der Walt (Marius Prinsloo)
Gustav Gerdener (Eddie Mijnhardt)
Rudy Halgryn (Lieutenant Butler)
Albert Pretorius (Gawie Mentz)
Jaco Muller (Giepie ‘Rot’ Nel)
David Louw (Johnny Pienaar)
Nick Cornwall (Sersant Skirving)
Marno Van Der Merwe (JJ ‘Ratel’ Wessels)
Josh Myers (Korporaal Evans)
Deon Lotz (Maartens)
De Klerk Oelofse (Wynand Cronjé)

Kliek hier vir meer informasie oor Modder en Bloed film.

Fotos vanuit Modder en Bloed film:

Foto’s verskaf: Morné Van Zyl, Jömeri Mouton (Spesiale Stills) en Jay Loots (Eenheid Stills)

Exit mobile version