Wat sê die Bybel oor liefde, seks en verhoudings?

Was jy al verlief? Is dit regtig die moeite werd om te wag met seks? Is Bybelse beginsels ou reëls vir ’n moderne tyd?

Skrywer: Annieria McFarlane

Meer oor die boek:

Dít is van die meer as 30 kwessies waarby Anniéria McFarlane saam met tieners stilstaan in Liefde, seks en verhoudings.

Tieners weet vandag alles wat daar is om te weet van seks – of so dink hulle. Maar daar is ’n boodskap wat hulle pelle en die TV nié so duidelik uitbasuin nie – hoe spesiaal God seks gemaak het en hoe Hy wil hê dit beskerm moet word.

Liefde, seks en verhoudings kyk na die sek­suele versoekings waarvoor meer as 20 Bybelse karakters te staan gekom het en wat jongmense uit hulle situasies kan leer.

Hierdie nuttige boek sal jou tiener help in die warboel emosies en keuses waarvoor hulle daagliks te staan kom. 

Beskikbaar by Cum Boek winkels

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version