EntertainmentLifestyle

Inkleur-pret vir die kleinspan met ’n sterk Bybelse inslag – ’n wen-kombinasie

Met Ek glo – Inkleurboek kan kinders inkleur-inkleur deur God se beloftes gaan.

Nou kan selfs die kleinstes in die huis deel wees van die stories en lesse wat die res van die gesin gevolg het as deel van die wêreldwye Ek glo-veldtog. Die prentjies in die inkleurboek maak die wêreld oop met 30 stories uit die Ou Testament en 30 stories uit die Nuwe Testament wat afwisselend aangebied word. Elke twee prentjies deel ’n sleutelgedagte en Bybelvers om dit aan mekaar te bind.

Elke prentjie is ook toegelig met die Bybelgedeelte waar jy en jou kinders die storie kan gaan lees.

Jou kinders sal dit geniet om kleurvolle lewe aan die prentjies in Ek glo – Inkleurboek te gee terwyl hulle leer om meer soos Jesus te lewe.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Believe – Coloring Book

Oor die Outeur:
Randy Frazee is die senior leraar by Oak Hills Church in San Antonio, Texas. Hy het gegradueer aan die Dallas Theological Seminary. Randy is die skrywer van The Heart of The Story, The Connecting Church, Making Room for Life, The Christian Life Profile Assessment en Renovation of the Heart Student Edition. Randy en sy vrou, Rozanne, het vier kinders en een kleindogter.

Available at CUM Books

Related Articles

Back to top button