Wat was jou hoogtepunt die jaar?

Die jaar is in ‘n oogwink verby. Daar het soveel gebeur en as ek terug dink en hoogtepunte probeer onthou, laat my geheue my in die steek. Miskien kan die lesers my help. My hoogtepunte sluit in dat Oscar Pistorius in Oktober vrygelaat is, die terreuraanvalle in Parys het die wêreld in rou, Vladimir Krejcir …

Die jaar is in ‘n oogwink verby.

Daar het soveel gebeur en as ek terug dink en hoogtepunte probeer onthou, laat my geheue my in die steek.

Miskien kan die lesers my help. My hoogtepunte sluit in dat Oscar Pistorius in Oktober vrygelaat is, die terreuraanvalle in Parys het die wêreld in rou, Vladimir Krejcir is uiteindelik aangekeer en natuurlik die Wêreldbeker Rugby het gesorg dat daar iets is om oor te praat langs die braaivleis vuur. Dit is nou maar so, die land word verenig deur sport.

Dan nie eers te praat van die watertekort wat die land tans in sy greep het nie. Verskeie mense het saamgetrek om vir reën te bid. Daar was wel reen, maar hael ook en dit het die mense weer die herrie in gemaak want hul goed was beskadig. Die Engelse gesegde Be careful what you wish for, it might come true het in my kop gaan vas steek.

Ek kan sien mense is moeg, hulle is kort van draad en padwoede is aan die orde van die dag. Die tyd raak min vir Kersinkopies en sover ek gaan hoor ek hoe mense hul vakansies beplan en bespreek.

Ek sien op Facebook word daar gereeld verslag gegee van inbrake wat ook in die area toeneem. Wat my dwars in die krop steek is dat boewe meer geweldadig word.

Hulle breek en steel nie net meer nie, hul moordlustigheid word al hoe wreder. In Roodepoort was ‘n pensioenaris met ‘n sker gesteek, ‘n ander met ‘n warm strykyster gebrand, mense word vir geen rede doodgeskiet en selfs die polisiemag loop deur.

Geweld op diere neem ook toe. Behalwe vir die inwoner wat sy hond met ‘n knobkierrie doodgeslaan het, is daar ander wat hul diere in hondegevegte laat meeding.

Verlede week het ek ‘n ontstellende video gesien hoe ‘n jongman, blykbaar van Krugersdorp, ‘n jakkals met ‘n graaf doodslaan. Dit breek my hart. As mense met soveel geweld teenoor diere optree, hoeveel respek het hulle vir mense?

Al wat ons moet doen is goed te wees vir mens en dier. Behandel almal met die nodige respek, selfs al verdien die persoon dit nie. Dit getuig van jou karakter, nie van die persoon se optrede nie.

Tot volgende week, wees goed vir ander al verdien hulle dit nie.
Ciao

Exit mobile version