EntertainmentLifestyle

‘n Staatmaker in menige huise

Uit die Beek is die oudste Bybeldagboek in Afrikaans en het oor die jare heen ’n staatmaker in menige huise geword.

Dit bied jou die geleentheid om met verloop van tyd deur die hele Bybel te werk. Daar is ook ’n teksgedeelte wat in die aand gelees kan word, sake waarvoor daagliks gebid kan word en inleidings elke Bybelboek. Dit is geskik vir persoonlike stiltetyd én vir huisgodsdiens.

Oor die Outeur:
Attie van Wijk was tot met sy aftrede prinsipaal van die Nehemia Instituut, sowel as die Hugenote Bybelinstituut op Wellington, asook Hoof: Bedienings van Bybel-Media en voorsitter van die Association of Christian Theological Schools.

Hy en sy vrou, Wena, het vyf kinders wat in vyf verskillende lande woon, waar hulle almal aktief in diens van die Here staan.

Beskikbaar by Cum Boeke

Related Articles

Back to top button