EntertainmentLifestyle

Stryd tussen goed en kwaad

Die Sneeukoningin het die wêreld met ys bedek en beplan nou om alle kuns te vernietig.

Maar ’n towerspieël het voorspel dat die meesterglasmaker Vegard, wie se spieëls nie net mense se voorkoms nie, maar ook hulle siele weerspieël, die Sneeukoningin en haar koninkryk bedreig. Op ’n dag waai die Poolse winde vir Vergard en sy vrou Una weg, maar hulle slaag daarin om hulle dogtertjie Gerda en babaseuntjie Kai weg te steek.

Kort daarna ontdek een van die Sneeukoningin se bediendes vir Kai en sy glo vas dat hy Vegard se opvolger is. Nadat Kai deur die Sneeukoningin ontvoer en in haar paleis opgesluit is, vertrek Gerda op ’n reis deur die ysige wonderland, vergesel van Luta, haar troetelfret en Orm, die trol.

Gerda kom voor ’n hele paar moeilike struikelblokke te staan en maak nuwe vriende in haar poging om Kai te bevry, maar sy sal die Sneeukoningin moet verslaan en die harte van mense orals moet verower om die wêreld te red.

Genres: Afrikaans, Animasie
Film looptyd: 1Ur 12min
Hoofrol: 
Pierre Breytenbach, Antowan Nöthling, Karen Wessels, Heidi Molenze, Bettie Kemp
Ouderdoms beperking: PG V
Regiseur deur: Maxim Sveshnikov, Vlad Barbe

Film lokprent:
*Neem asseblief kennis: Hierdie lokprent bevat tonele met geweld wat sommige kykers ontstellende kan vind. Vereis gepaardgaande toesig deur ouer of volwassene voog. Sommige materiaal is nie geskik vir kinders onder die ouderdom van 10. Kykerdiskresie word aanbeveel.

Related Articles

Back to top button