EntertainmentLifestyle

As almal luister, maar niemand hoor jou nie, almal kyk, maar niemand sien jou nie

Abraham, die jongste rolprent deur die legendariese filmmaker Jans Rautenbach, vertel die verhaal van Abraham, 'n kunstenaar en dromer van Kannaland in die vroë 1980's.

 Abraham is ‘n toegewyde familieman wat sukkel om finansieel vir sy jong vrou, Katie (gespeel deur Chantell Phillipus), en hul vierjarige dogtertjie te voorsien. Abraham se kreatiewe deursettingsvermoe lei hom na sy weldoeners, Jong Jans (Hannes Muller) en sy vrou, Almeri (Franci Swanepoel).

Abraham en Katie trek na ‘n nuwe huis waar Abraham begin werk vir Jong Jans. Katie se worsteling met alkoholisme en haar geestesgesondheid bedreig egter die gesin se geluk.

Abraham ondersteun sy vrou ten volle, maar sy ambisie maak hom onrustig. Abraham droom daarvan om bo sy omstandighede uit te styg en sy merk deur sy kuns te maak.

Die ellendige werklikheid van sy situasie hou hom egter terug. Abraham is ‘n tragiese dog inspirerende storie deurtrek met die musiek van Kannaland; ‘n intieme, emosionele kyk-ervaring, geskryf, vertel en onder die regie van Jans Rautenbach.

Genres: Afrikaans
Film looptyd: 1Uur 35min
Rol verdeling: 
DJ Mouton, Hannes Muller, Franci Swanepoel, Chantell Phillipus, Jull Levenberg
Ouderdoms beperking: 10–12PG
Regissuer: Jans Rautenbach

Film lokprent:
*Let wel: Die lok prent bevat tonele met kru taal wat sommige kykers ontstellend kan vind. Gepaardgaande toesig deur ouer of volwassene voog word aan beveel. Sommige materiaal mag nie geskik wees vir kinders nie. Kykerdiskresie word aanbeveel. Nie geskik vir kinders onder 10.

Related Articles

Back to top button