Havies se superstêr in Wiskunde

Hier die Graad vier-leerling wen amper elke kompetisie wat met Wiskunde te doen is.

JC Roux, `n graad 4-leerling van Laerskool Dr Havinga, het op 30 Augustus Suid-Afrika in die Global Association of Japanese Soroban and Mental Arithmetic (GAJSMA) kompetisie in Indië verteenwoordig.

Hierdie kompetisie evalueer leerlinge van verskillende lande se wiskundige vaardighede en JC het ‘n tweede plek verower.

Net twee weke voor die GASJMA-kompetisie, het hy ook aan die skool se Blitsbrein-kompetisie deelgeneem. Hy het teen die top 30-leerlinge van graad 4 tot 7 meegeding en volgens sy skool, het hy hulle “uitgestof” toe hy as wenner aangekondig was.

Hy het op Saterdag (19 September) ook aan die Nasionale Wiskunde-kampioenskappe deelgeneem en gewen.

In `n pers verklaring sê hy sy hande het die eerste paar sekondes van die Nasionale Kampioenskappe gebewe maar kort daarna het die adrenalien ingeskop en hy het sy prys gewen.

As gevolg daarvan, is hy geskies om Suid Afrika in Oktober 2016 in Singapoer tydens die GAJSMA-kompetisie te verteenwoordig.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button