Editor's note

Padvarke

Nee kyk, as daar nou een ding is wat my dag sommer opdons is dit mense wat dink hulle het volmag op ons laslappiepaaie. En ek praat nie eers van die taxibestuurders nie; nee, hier praat ek van die mense in hul blink, nuwe en duur motors wat dink hulle kan soos absolute idiote ry …

Nee kyk, as daar nou een ding is wat my dag sommer opdons is dit mense wat dink hulle het volmag op ons laslappiepaaie.

En ek praat nie eers van die taxibestuurders nie; nee, hier praat ek van die mense in hul blink, nuwe en duur motors wat dink hulle kan soos absolute idiote ry en daarmee wegkom.

Elke oggend word ek wakker met die beste intensie om ’n goeie dag te hê gevul met vreugde en vrede, maar die voorneme word my spoedig ontneem.

Net vanoggend het ek weer so ’n padvark teëgekom.

Die verkeerslig by die Luipaardsvlei-kruising in Hoofrifweg is veral ’n nagmerrie want daar ry die mense net soos hulle wil.

Daar is mense wat in die draaibaan staan en voor jou indruk net om een of twee motors voor jou te staan, of as die lig reeds rooi is hou mense net aan ry.

Dan praat ek ook nie van die motors wat blykbaar sonder flikkerligte vervaardig is nie.

Die ergste is as ’n verkeerskonstabel 20 meter verder mense vang wat te vinnig ry, maar nie die chaos by die lig raaksien nie.

Ken hulle nie hul padrëels nie? Ek is verbaas daar is nie meer ongelukke nie.

Ek is seker ek is nie die enigste een wat die frustrasie daagliks beleef nie.

As almal net ’n bietjie meer bedagsaam op die paaie is, sal daar soveel minder ongelukke wees.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button