EntertainmentLifestyle

Die ideale metgesel vir die uitdagings van die jaar wat voorlê

Omvou my met u liefde, Here is die gewilde dagstukkieboek deur die geliefde skrywer, Nina Smit en bevat 366 dagstukkies. Dit verskyn nou vir die eerste keer ook in 'n maklik-leesbare grootdruk-uitgawe.

Skrywer: Nina Smit

Meer oor die boek:

Elke maand plaas sy die klem op ’n spesifieke manier waarop jy nader aan God kan lewe en jou verhouding met Hom kan versterk. Elke maand begin met ’n spesiale inleiding en elke dagstukkie verwys na ’n toepaslike Skrifgedeelte en bied ’n geskikte gebed vir die dag.

’n Volledige Skrif-indeks word ook ingesluit.
Temas sluit in:
Met God in jou werkplek

Die krag van woorde
Stormtye
Trappe na geluk
Hartsake

Omvou my met u liefde, Here is die ideale metgesel vir die uitdagings van die jaar wat voorlê. Dit is ook ’n spesiale geskenk vir enigeen wat hul verhouding met God wil verdiep.

Meer oor die skrywer:
Nina Smit is die gewilde skrywer van verskeie topverkoper-boeke. Sy en haar man, Johan, wppm om Sp,erset-Wes. Hulle het drie kinders en is ook trotse grootouers.

Beskiskbaar by CUM Boeke

Related Articles

Back to top button