Groot opwinding vir fliek liefhebbers!

Hollywood in my Huis het drie toekennings by die kykNET Silwerskermfees ingepalm en in fliekteaters landwyd ge-open. Die fliek is uit alle oorde deur resensente geloof en onder andere beskryf as een van die beste Afrikaanse romantiese komedies in 'n lang tyd, wat die meeste slaggate misgetrap het, en gewaag het om te gaan waar ander te bang was om te gaan.

Hollywood in my Huis is ’n romantiese komedie oor volwassewording, wat hom teen die agtergrond van ’n  matriekafskeid in 2004 in Suid-Afrika afspeel.  Die storie fokus op ’n gewone tienermeisie – Jana van Tonder (Christia Visser) – wat in ’n arm spoorwegbuurt saam met haar disfunksionele ouers woon.

Toe sy egter op televisie sien hoe Charlize Theron haar ikoniese Oscar-beeldjie wen, inspireer dit Jana om haar matrieksafskeid wat voor die deur lê in haar eie Hollywood-rooitapyt oomblik te omskep. Jana, haar ouers (Nicola Hanekom en Louw Venter) en haar beste vriend, Frikkie (Edwin van der Walt) woon almal aan die verkeerde kant van die spoorlyn. 

Jana se pa is werkloos en haar ma het haar eie skoonheidsalon wat sy uit ’n karavaan in die voortuin bedryf. Die volwassenes se drome is reeds aan skerwe, maar Jana se drome styg ver bo haar beskeie omstandighede uit. 

Dit gaan oor twee wêrelde – die mense aan die verkeerde kant van die spoorlyn en hulle ryk teenpole – maar dit gaan ook oor die fantasiewêreld waarin Jana leef. Hoewel Hollywood in my Huis ’n lighartige en prettige gesinrolprent is, het die uitdaging van die storie daarin gelê om ’n balans tussen die ligter en donkerder elemente te handhaaf.

“Die jong, belowende regisseur Corne van Rooyen slaag loshande daarin om die Afrikaanse romantiese komedie te herontwerp, al die stereotipes nek om te draai, en spel uit sy akteurs te kry wat ‘n mens trots maak om na ‘n Afrikaanse rolprent te kry” – Leon van Nierop.

*Hollywood In My Huis is vanaf 31 Augustus 2015 wêreldwyd beskikbaar op DSTV Box Office, OnsTV VOD en in DVD winkels.

Genres: Afrikaans
Film loop tyd: 90 min
Rol verdeling: 
Christia Visser, Christia Visser, Edwin van der Walt, Leandie du Randt, Brandon Fourie, Nicola Hanekom, Louw Venter, Francois Jacobs
Ouderdoms beperking: 7–9PG L
Regie deur: Corne van Rooyen

Agter die skerms:

 

Lokprent:

Exit mobile version