Die ou met die snor by die bar

Die superster-rapper Jack Parow, vertel van sy lewe en al sy wilde en mal avonture.

Skrywer: Theunis Engelbrecht

Meer oor die boek:

Die storie begin agter die Boereworsgordyn en maak draaie in plekke soos Onrusrivier, The Lollipop Lounge in Randburg, Mitchells Plain, België, Nederland, Londen, Los Angeles, Hollywood en Moskou.
 
Daar is sappige staaltjies oor wilde partytjies, warm bokkies, dodgy plekke, trance-paarties en avonture in jacuzzi’s, en hy lig ook die sluier oor sy ervarings met onder andere rofstoeiers, skoonheidskoninginne, polisiemanne, hipsters in nagklubs, ’n sanger wat hom ‘n vuis hou wou gee, ooms wat hom van verhoë gegooi wil hê en ’n stewige tannie wat met ’n krieketkolf op hom afstorm.
 
Parow beantwoord ook taai vrae wat al deur mense aan hom gevra is, soos: Is dit waar wat hulle sê van ’n man met ’n lang pet? En: Hoe kry jy dit reg om jou snor so te hou dat girls dit onweerstaanbaar vind? Hy vertel die stories agter sy gewildste songs en draai nie doekies om oor wat hy van ’n klomp goed dink nie, soos die ‘ou’ Afrikaans en die ‘nuwe’ Afrikaans, die lewe in Suid-Afrika en wat dit regtig beteken om ’n rapper te wees. Die boek bevat ook die lirieke van baie van sy treffers en talle foto’s wat nog nooit voorheen gesien is nie.

Beskikbaar by selekteerde boek winkels

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version