EntertainmentLifestyle

Waar is God wanneer jy Hom nodig het?

Dit lyk of gelowiges in die dolle jaagtog na oorlewing alleen aan hulle lot oorgelaat is. Wat in die Bybel staan, vat nie grond in Suid-Afrika nie.

Skrywer: Andries Enslin

Meer oor die boek:
Stop! Bly kalm en lees een van hierdie 365 Wyshede uit die pen van Andries Enslin. Hier is genoeg vir ’n hele jaar. Of jy kan sewe op een slag lees. Net soos jy wil, wanneer jy wil, volgens jóú behoefte. En jy kan sy no-nonsense verstaan van die Woord vir vriende en familie aangee, wanneer hulle verward en moedeloos voel.

Hierdie aanhalings praat in maklike taal tot in jou hart en verseker jou dat God teenwoordig is in alle aspekte van jou dag. Hulle sal jou oortuig om anders te dink en leef volgens die riglyne van die Woord. Om verhoudings te hê wat die Koninkryk van die hemel hier en nou sigbaar maak.

Meer oor die skrywer:
Andries Enslin is stigter en predikant van Alberton LewenSentrum, ‘n gemeente met 6 500 lidmate wat in 1999 met 14 sellede begin het. Tans bestaan LewenSentrum uit 4 gemeentes, Oos-Rand, Vaaldriehoek, Wes-Rand en Alberton, en saam is hulle oor die 8 500 lidmate. Andries se passie en navorsing handel oor die verskillende fases van die mens se verhouding met God. Hy het sy honneursgraad in teologie aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Hy is getroud met Vikki en hulle het ‘n dogter en twee seuns.

Beskiskbaar by CUM Boeke

Related Articles

Back to top button