Editor's note

Skokkende nagevolge

Ek wonder soms of die geleerdes wat die nuwe wette uitdink enigsins aan die nagevolge dink? Die nuwe wet wat toelaat dat kinders vanaf 12 jaar seks mag hê sonder enige wetlike implikasies is nie net verregaande nie, maar ook skokkend. ‘n Kind van daardie ouderdom is nog nie ten volle ontwikkel nie, nie net …

Ek wonder soms of die geleerdes wat die nuwe wette uitdink enigsins aan die nagevolge dink?

Die nuwe wet wat toelaat dat kinders vanaf 12 jaar seks mag hê sonder enige wetlike implikasies is nie net verregaande nie, maar ook skokkend. ‘n Kind van daardie ouderdom is nog nie ten volle ontwikkel nie, nie net ligaamlik nie, maak ook emosioneel en geestelik. Ten spyte daarvan, is my opinie dat ‘n kind, seun of dogter van daardie ouderdom baie vatbaar is vir groepsdruk en dus nie sommer sal nee sê nie.

Dan wil ek nie eers praat van al die ongewenste swangerskappe nie. Daar is reeds soveel kinders wat in die ‘sisteem’ beland omdat ouers nie bevoeg is om na hulle te kyk nie. Dis ‘n welbekende feit dat nie-winsgewende en self nie-regeringsorganisasies finansieel nie die las kan dra nie en inwoners moet dikwels inspring om te help. Oordraagbare siektes is natuurlik ‘n onderwerp op sy eie. Sover ek bewus is, is HIV en Vigs nog nie onder beheer nie. Hoe vroëer kinders seksuel aktief is, hoe groter die risiko.

Die impak van so ‘n wet krink sover uit, dit raak nie net die onmiddelike gesin nie,

Hoe gaan die polisie bepaal of die kind regtig toestemming gegee het, of die kind nie deur groepsdruk ingestem het nie. Die lyne tussen verkragting en konsensuele seks raak weg.

Dank die Vader my kinders is al mooi groot en hulle moet nou verantwoordelikheid dra vir al hulle besluite. My bekommernis is egter vir diegene wat hul kinders deur daardie stadium moet kry.

Ek sal graag wil hoor hoe julle daaroor voel. Stuur ‘n e-pos aan roelienv@caxton.co.za of los kommentaar op ons webblad.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button