EntertainmentLifestyle

Op en wakker op 80

ROODEPOORT – Glansryke funksie gehou om Min Shaw se verjaarsdag te vier.

Akteur en Afrikaanse gospel-sangeres Min Shaw het vanjaar haar 80ste verjaarsdag gevier.

Shaw het n groot makietie gegooi en het bekende akteurs en sangers van heinde en verre genooi.

Sy het die gaste verras toe sy en haar jarelange vriend en medesanger Lance James een van hul grootste treffers, Bymekaar, as ‘n duo opgevoer het.

Musiekpromotor Lydia Winchester het verduidelik dat kunstenaars soos Chris Chameleon, Rudi Claase, Caroline du Preez, Manie Jackson, Martin Lane and Theo Erasmus ook deel was van die funksie.

Sy het bygevoeg, “Dit was ‘n verjaarsdagpartytjie soos geen ander nie. Die dékor… en tafels was so mooi gedek en wat my die meeste verras het, is dat Boet Pretorius, André Viljoen en Dirk Swanepoel ook daar was om die dag te kom vier saam met Min. Viljoen het die liedjie Bymekaar geskryf wat Lance en Min opgevoer het ook, so dit was ekstra spesiaal.

“Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) het Min Shaw vereer vir haar jarelange bevordering van Afrikaans en Japie Gouws, die bestuurende direkteur van die vereniging, het die toekening persoonlik aan haar oorhandig. Ek wil net afsluit en elkeen wat deel was van Min se verjaarsdag hartlik bedank.”

Related Articles

Back to top button