Plaaslike stoeiers vaar goed by SA’s

Klub word gedryf deur passie.

Die Ruiter Stoeiklub wat reeds 52 jaar bestaan lewer steeds stoeiers van gehalte op, soos die afgelope naweek weereens bewys is.

Dean van Zyl, hoofafrigter en Springbokstoeier, sê dat ten spyte daarvan dat die regering min ondersteuning vir die sport bied, die 60 lede van die Ruiter Stoeiklub tog deur hulle passie aanhou presteer. Nico Fouché, Armand Coetzee, Christo Kruger, Jeannie Coetzer en Patricia Theledi het onlangs (5 Julie) aan die Vrystyl-, SA Kadet- en Senior Grieks-Romeinse asook Dameskampioenskappe in die Noord-Gauteng Stoeisaal in Pretoria deelgeneem.

Nico Fouche het silwer in die kategorie SA Kadet Grieks-Romeins, asook goud in die SA Kadet Vrystyl behaal; Patricia Thedeli het goud in die SA Senior Dames behaal en Jeannie Coetzer het ook goud in die SA Senior Dames verower.

Die gouemedaljewenners kwalifiseer ook vir SA-kleure.

Exit mobile version