EntertainmentLifestyle

Kritiek Aster — Jóú gemeenskap

Die waarheid is ons almal, myself ingesluit, voel dat Roodepoort nie genoeg beveilig word nie.

Olivetti 45 — Ek het wyd en syd gery, van Georginia-Suid tot in Montclare (naby Claremont, snaaks, né?) om julle stories en geleenthede oor die afgelope naweek neer te pen. Hoewel ek nie daarna uitgesien het nie, het ek baie mense leer ken en leer waardeer vir hul moeite.

It all started in Mersey Street, where a couple of residents tirelessly fought for their safety. An elderly woman was the leader of the pack, and I salute her for her efforts.

Die waarheid is dat ons almal (ek ook) voel dat daar nie veiligheidsonthalwe genoeg in Roodepoort gedoen word nie. Wanneer laas het jy veilig gevoel as jy gou kafee toe stap of vir ‘n ride op jou fietsie gaan? Om nie eers te praat van veilig wees in jou eie huis wat jy in elk geval to hell and gone gesecure het met trellidoors en elektriese fencing en wie-weet-wat nie. We can’t go on like this, right? So het sy gesê – en ons sal maar sien wat verder gebeur.

Buiten Mersey Street het ek een helse barmhartige girl in Florida ontmoet wat voltyds probeer om ander se lewens deur die Chayil Foundation beter te maak. She doesn’t live here but knows our community at her fingertips. Die gru-stories wat sy kan vertel het my laat wonder of ek régtig kan sê ek het my vinger op Roodepoort se pols.

Sondag in Montclare het ek wel nie die stigter verstaan nie, maar ek kon sy mense se handewerk in die lewens van gerehabiliteerde dwelmverslaafdes sien. Die Light House on the Horizon is meer as net ‘n rehab; dis ‘n gemeenskap, ‘n familie amper, het ek besef.

Moet ons almal eers stukkend geslaan, dood wees of rehab toe gaan voor ons só ‘n gemeenskap wíl wees? Staan saam met die record, staan saam met jóú gemeenskap. Stuur jou storie, tip of aksie na roodepoortrecord@caxton.co.za .

Related Articles

Back to top button