EntertainmentLifestyle

Riaan Cruywagen by Funzelela

Moenie die geleentheid misloop om Riaan Cruywagen in lewende lywe te sien nie by die Funzelela konsert op Saterdag 2 November. Vanaf 6 nm gaan Riaan by die NG Kerk in Kloofendal ‘n vandisie behartig ten bate van Funzelela. Hy sal as seremoniemeester en afslaer optree. DiĆ© orgnanisasie samel fondse in vir minderbevoorregte kinders en …

Moenie die geleentheid misloop om Riaan Cruywagen in lewende lywe te sien nie by die Funzelela konsert op Saterdag 2 November.

Vanaf 6 nm gaan Riaan by die NG Kerk in Kloofendal ‘n vandisie behartig ten bate van Funzelela. Hy sal as seremoniemeester en afslaer optree. DiĆ© orgnanisasie samel fondse in vir minderbevoorregte kinders en sal beide Riaan aanbied en later ‘n konsert deur die Grafsteensangers. Die geleentheid word “barnyard-styl” aangebied te 19 Opal Laan, Kloofendal, wat dan beteken dat inwoners hul eie piekniekmandjies en koelsakke kan pak en saambring.

Kaartjies kos slegs R150 per volwassene en R75 per kind (kinders onder 12 het verniet toegang). Tafelbesprekings is ook welkom. Vir meer inligting kontak Lelani Nelson by 083 233 4291.

Related Articles

Back to top button