Die goeie ou dae van Tie Wie

Iegsaan Ally skryf: Terwyl ek onlangs met familie aan tafel sit, begin ons praat oor die goeie ou dae van televisie en hoe dinge verander het. Ek onthou nog duidelik die gevoel toe ek vir die eerste keer TV kyk. Dit was soos n wonderwerk. Ek het meteens besef dat lewe nooit weer dieselfde sal …

Iegsaan Ally skryf:

Terwyl ek onlangs met familie aan tafel sit, begin ons praat oor die goeie ou dae van televisie en hoe dinge verander het.

Ek onthou nog duidelik die gevoel toe ek vir die eerste keer TV kyk. Dit was soos n wonderwerk.

Ek het meteens besef dat lewe nooit weer dieselfde sal wees nie!

Laatmiddag kon jy niemand in die straat sien nie, want almal kyk Wielie Walie, met aanbieders Magda van Biljon en Gert van Tonder.

Alhoewel daar baie karakters was, onhou ek meestal vir Sarel Seemonster en Karel Kraai.

Natuurlik was die hoofkarakter Bennie Boekwurm, want hy was hooggeleerd en baie wys.

Die jongspan het ook skielik in aktuele sake belanggestel, en aandagtig geluister na Haas Das se Nuuskas, met Riaan Cruywagen.

Lees die volledige berig hier.

Exit mobile version