Primary SchoolSchool sport

SA’s hier kom die Roodies!

Na afloop van die twee dae van puik atletiek maak hulle verder geskiedenis, deur vir die eerste keer in die skool se geskiedenis ses atlete te hê wat Roodies gaan verteenwoordig by die SA Kampioenskappe.

Vyf-en-twintig Roodie-atlete het Vrydag en Saterdag, 10 en 11 Maart aan die Gauteng atletiekkampioenskappe deelgeneem. Hulle het altesaam aan 31 items deelgeneem. Die skool is baie trots op elke atleet wat Laerskool Roodekrans se naam so hoog gehou het tydens die twee dae.

Lees ook: Laerskool Horison atlete presteer by Gauteng atletiek

Die atlete het puik presteer en geskiedenis gemaak deur vier Gauteng kampioene te hê, naamlik Keagen Els vir verspring, Mile Olivier vir 75m hekkies en Ruben Kleinsmith en Armand Botha vir 1200m.

Lees ook: Crawfordian going to Limpopo!

Na afloop van die twee dae van puik atletiek maak hulle verder geskiedenis, deur vir die eerste keer in die skool se geskiedenis ses atlete te hê wat Roodies gaan verteenwoordig by die SA Kampioenskappe:

Ruben Kleinsmith vir seuns o12 1 200m
Armand Botha vir seuns o11 1200m
Keagen Els vir seuns o13 verspring
Miecke van der Merwe vir dogters o13 200m en 100m
Amerise Kleinsmith vir dogters o13 200m en
Mile Olivier vir dogters o12 75m hekkies.

Gaan maak Roodekrans trots in Pietermaritzburg by die SA kampioenskappe!

Related Articles

Back to top button