Sport

Plaaslike Ju-Jitsuklub kweek wenners

Ju-Jitsu leer kinders veel meer as net selfverdediging.

Die Shunkenkan Ju-Jitsuklub lewer al vanaf 2012 uitstekende vegters op, met sommige wat selfs al internasionaal presteer het.

Ju-Jitsu is een van die oudste vorme van Oosterse gevegskuns, wat rondom die jaar 710 in Japan ontstaan het.

Anders as Chinese gevegkunste wat fokus op aanval, word Ju-Jitsu meer as ‘n hoogs effektiewe selfverdedigingskuns gesien.

Dit bestaan veral uit tegnieke om ‘n gewapende of wapenrusting-geklede aanvaller te neutraliseer.

Talle moderne Oosterse gevegkunste, insluitend Judo, het hul oorsprong aan die beginsels van Ju-Jitsu te danke.

Die Shunkenkan Ju-Jitsuklub het van ‘n nederige begin in 2012, gegroei tot meer as 60 lede. Die uitbreek van die Covid-19-pandemie het ‘n groot impak op die klub gehad, maar hulle is weer sterk aan die groei.

Volgens stigter en sensei Adriaan van de Werken, is Ju-Jitsu die perfekte sportsoort vir oud en jonk aangesien dit beide fisieke en verstandelike fiksheid bevorder.

“Dit is volgens my die beste van die gevegkuns dissiplines aangesien dit beide selfvertroue en selfbeheersing bevorder.

“As ‘n hoofsaaklik selfverdedigingstelsel leer ons studente om kalm te bly, te assesseer, en hoe om alleenlik die nodige aksies uit te voer om hul aanvaller te neutraliseer.”

Sensei Adriaan sê verder dat diè sportsoort gepas is vir studente van enige agtergrond, en dat elke student op sy of haar eie pas, en volgens hul spesifieke vermoëns kan ontwikkel.

“Studente kan van so jonk as drie jaar al begin. Hulle staan as ons Little Samurai-klas bekend, en ons toegewyde groep instrukteurs beskik oor al die nodige kennis en vaardighede om hulle op veilige en pret wyse te leer.

“Tussen ouderdom ses en 13 is hulle in die juniorklasse, waarna hulle oorskuif na die seniorklasse.

“Ons fokus nie alleenlik op die vegvaardighede van ons studente nie,” sê Adriaan. “’n Groot deel van wat ons doen bevorder die waardes van Ju-Jitsu.

“Dus leer ons studente hoe om hulself te verdedig, sowel as hoe om ‘n goeie selfbeeld te onderhou, gedissiplineerd te lewe, en selfbeheersing toe te pas.”

Vir meer inligting, kontak vir Adriaan op 071 548 8014, of senpai Ivana Meyer op 073 606 5671.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button