Kruiners presteer by Super 12
Laerskool Helderkruin het puik presteer tydens die AfriForum Sport en Kultuurkompetisie.
Laerskool Helderkruin het op 6 April tydens die AfriForum Laerskole Super 12 Sport en Kultuurkompetisie, wat by Laerskool Helderkruin aangebied is, weereens hul staal op die sportveld gewys.
Helderkruin se rugby- en netbalspanne het in hierdie been van die reeks teen Laerskool Collegepark en Laerskool Middelburg te staan gekom.
Van die begin af was dit duidelik dat beide besoekende skole besigheid bedoel, maar dit het die Kruiners nie van stryd gebring nie.
Laerskool Helderkuin se eerste rugbyspan, die Kwaggas, en die eerste netbalspan, die Chillies, het in eerste- en tweede plek onderskeidelik geëindig.
Die Kruiners se o11 netbalspan het ook ‘n tweede plek behaal, terwyl die o12 netbalspan derde geëindig het. Die o10s het ‘n sesde plek losgeslaan.
Kruiners se o9 rugbymanne het vierde plek in hul groep gevat, die o10s het 11de geëndig, en die o11s het in sewende plek in hul groep verseker.