Sport

Havies se sportdag ‘n groot sukses

Laerskool Dr Havinga het gasheer gespeel vir netbal- en rugbyspanne van Horison, Rissiville en Skuilkrans.

Die afgelope naweek was ‘n besige een vir die die rugby- en netbalafrigters en spelers van vier laerskole.

Laerskool Dr Havinga se sportvelde het gewemel met ouers, leerders, onderwysers, toeskouers en afrigters tydens hul jaarlikse senior netbal- en rugbysportdag wat op 9 Maart gehou is. Die Havies was gasheer vir Laerskool Horison, Rissiville en Skuilkrans.

Ilana van Zyl.

Lizelle Kies, ‘n onderwyser by Dr Havinga, het gesê dat dié dag ‘n vriendskaplike byeenkoms was.

“Ons het 580 leerders hier gehad en dit was ‘n fees om te sien hoe hulle die dag geniet het.”

Pedre menezes.

Sy het bygevoeg dat daar verteenwoordigers van die Valke, Bulle en Leeus was. Havies se skoolhoof Stefan Thompson het gesê, “Dit is altyd lekker om skole vanuit ander unies by ons te ontvang. Dit gee die seuns goeie blootstelling en dit is goeie oefening vir die seisoen wat wag. Ons sien uit na ‘n goeie wintersportseisoen waar die kinders hulself kan geniet en hul bes kan lewer, sodat hul optimaal kan ontwikkel.”

Francois louw.

Al was die dag nie deel van die amptelike liga nie, het elke speler hul hart uitgespeel en die toeskouers kon rugby en netbal uit die boonste rakke geniet. Na elke wedstryd was daar ook ‘n speler van die wedstryd aangewys, en elkeen het ‘n spesiale toekenning van Property Bees se verteenwoordigers ontvang.

Shandré Broodryk.

Die feestelike atmosfeer op die dag is beklemtoon deur die groot verskeidenheid stalletjies waar daar na hartelus aan lekkernye gesmul kon word, en uitstallers wat iets vir elke smaak te koop aangebied het.

Xianté Creamer.
Kimberley Bezuidenhout.
Hanru van der Westhuizen.
Junaid Schroeder.
Evan Jenner.

Related Articles

Back to top button