Sport

Laerskool Helderkruin leerder gekies om Gauteng-Wes te verteenwoordig by interprovinsiale toernooi

Einde Maart gaan graad 6-leerder Layla-Grace haar provinsie in 'n aksienetbal interprovinsiale toernooi verteenwoordig.

Laerskool Helderkruin leerder Layla-Grace Clements is gekies om Gauteng-Wes te verteenwoording in aksienetbal.

Haar ma, Tavia, het verduidelik dit is ‘n interprovinsiale toernooi wat einde Maart plaasvind. Sy het bygevoeg dat Layla-Grace een van 24 meisies is wat tydens die super liga gekies.

Die 11-jarige Layla-Grace vertel dat sy van aksienetbal by haar vriende gehoor het, en dit toe gaan probeer. Sy speel al van graad 1 aksienetbal, hoewel die inperking ‘n invloed gehad het. Buiten aksienetbal is sy ook verkies tot die D12-hokkiespan.

“Ek sal ander aanraai om ook aksienetbal te speel. Ek hou daarvan want dis vinniger, jy speel meer toernooie en dis lekkerder. Ek hou ook baie van my afrigter,” het sy gesê.

Sy wil verder ook aangaan met die sport sowel as hokkie.

“Ek is trots op haar. Sy sal moet harder werk want volgende jaar begin dit van vooraf, maar solank sy dit geniet en natuurlik haar akademie nie afskeep nie,” het Tavia afgesluit.

Related Articles

 
Back to top button