Plaaslike skool se o12s wen die SA Skole Netbalkampioenskappe

Die o12-netbalspan van Laerskool Helderkruin het hul skool se naam hoog gehou by die SA Kampioenskappe.

Die o12-netbalspan van Laerskool Helderkruin is as die algehele wenners van die SA Skole Netbalkampioenskappe gekroon.

Die afrigters élRaana Barnard en Anandri Rossouw het hulle trots uitgespreek oor die meisies.

“Dit was ‘n voorreg om hulle as span en as individuele spelers te ontwikkel. Ons is opgewonde om te sien wat hierdie spelers in die toekoms gaan bereik.”

Die o12-netbalspan nadat hulle die SA Skole Netbalkampioenskappe gewen het. Foto: Verskaf.

Hulle het verduidelik dat, aan die begin van die jaar het hulle besluit die SA’s was hulle hoogste mikpunt. Deur die loop van die seisoen het hulle op hulle sukses gebou deur eers Super12 wenners en toe D12 ligawenners te wees.

By die Gauteng Kampioenskappe het hulle vir die SA’s gekwalifiseer en besluit hulle wil die Top-4 in SA behaal. Die afrigters het bygevoeg, “Die meisies het egter ons wildste drome oortref en die trofee huis toe gebring.”

Hulle het vertel dat meisies al van jongs af deel is van die skool se mini-netbalprogram en ook buitemuurs aan aksienetbal deelneem.

“Baie dankie aan die skool se ondersteuning tydens 2023 se netbalseisoen. Dit was vir ons baie spesiaal toe die leerders ons die Vrydag na die kampioenskappe by die skool inwag en soos kampioenne laat voel het.”

Anandri Rossouw, Charlumé van Niekerk, Elmay Jenkins, élRaana Barnard, Mia Laurens, Mika Stander, Zané Viljoen, Danika Mouton, Vonmanique Conradie en Mené van Heerden. Foto: Verskaf.

Hulle het afgesluit deur te dankie te sê aan die meisies en hulle ouers.

“Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Dankie dat julle altyd die ekstra ingesit het. Dankie dat niks ooit vir julle te veel was nie. Julle het ons slagspreek uitgeleef, ‘I fight for you, you fight for me’. Dankie aan al ons ouers vir al julle moeite en ondersteuning deur die seisoen. Ons sou dit nie sonder julle kon doen nie.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version