School sportSport

Bastion eerstes wen Goue Leeus-eindstryd teen Randfontein skool

Hoërskool Bastion se eerste rugbyspan wen hul Goue Leeus wedstryd teen Hoërskool Riebeeckrand.

Gedurende die Goue Leeus-eindstryd wat te Hoërskool Florida plaasgevind het, het Hoërskool Bastion se eerste rugbyspan hulle wedstryd 19–8 gewen teen Hoërskool Riebeeckrand.

Andrew Todd, Bastion se rugbyorganiseerder, het die wedstryd as baie fisies beskryf.

Christiaan Harmse en Deanin Marais.

“Die opponente het die Buffels onder groot druk gesit in die begin. Die seuns het hulle harte uit verdedig die eerste helfte en net drie punte afgestaan,” het Andrew verduidelik, “die kaptein, Juan Venter, het baie koelkop gebly en die seuns deurentyd gemotiveer. Vroeg in die eerste helfte was die eerste drie gedruk wat die grondslag gelê het vir die res van die wedstryd waar die Buffels oorheers het met bal in die hand en uiteindelik kon wen.”

Michael Bester.

Hy het vertel dat dit ‘n besonderse groep seuns is, ‘met hope talent en hulle verdien die wen!’.

“Hoërskool Bastion is trots op die werk wat die afrigters en spelers deur die jaar ingesit het en nou kyk ons na die volgende kompetisie.”

Juan Venter.

Related Articles

Back to top button