SchoolsSport

Nog jonk maar passievol

Net 10 jaar oud, maar alreeds 'n gesogte krieketspeler.

‘n Laerskool Dr Havinga leerder is besig om haar stempel op die krieketveld af te druk.

Lexi Geyer (10) is op 15 Mei aangewys as die Khosa Klub se mees belowendste krieketspeler van die jaar, waar sy saam met dogters vanaf 13 jaar en selfs ouer speel. Verder het sy in 2022 al selfs vir die seuns krieketspan gespeel.

Sy vertel sy is egter nie geintimideerd deur die ander spelers by die klub nie, die spel is eerder net moeiliker. Oor haar prestasie sê Lexi voel sy baie goed, aangesien sy dit nie verwag het nie, maar eerder ‘net speel omdat dit baie lekker is’.

Lexi Geyer, saam met haar afrigter by die skool, Ronel du Toit. Foto: Chanté Bolton.

Lexi speel al vir ses jaar krieket en oefen twee keer ‘n week by die klub. Behalwe vir krieket, speel sy ook netbal.

Lexi se advies aan voornemende krieketspelers is, “Jy moet dit net geniet en nie speel om te wen nie, maar wel hard werk.”

Haar afrigter by die klub, Jan Ackerman vertel sy gaan binnekort aan die o13 Gauteng-proewe deelneem.

“Dit is vir ons ‘n groot voorreg om so ‘n jong dametjie met soveel passie vir die wedstryd te hê. Sy staan nooit terug as sy teen die ouer dames speel nie en dis vir my wat baie uitstaan van haar. Sy is gemotiveerd, sy is passievol en ons is baie trots en ook ek, as afrigter, is verskiklik trots op haar, met haar moed en ywer wat sy het om te kan speel,” het Jan afgesluit.

Related Articles

Back to top button