Local newsSport

Hories se Lungelo hou sy oog op die bal

Hy is vanjaar in die Goue Leeus se o13A-span as skrumskakel opgeneem.

Lungelo Semele, ‘n graad 7-leerder van Laerskool Horison het onlangs nuwe kontaklense ontvang.

Hy is ‘n baie talentvolle rugbyspeler en ook ‘n kranige atleet. Lungelo is egter bysiende en kan uiteraard nie met sy bril rugby speel nie.

Nicolene Janse van Vuuren van Eyecare Centre het vanjaar Lungelo se kontaklense geborg. Hy is vanjaar in die Goue Leeus se o13A-span as skrumskakel opgeneem. Die kontaklense het n groot bydrae tot sy mooi spel gemaak.

Laerskool Horison sê baie dankie vir Nicolene se goedhartige gebaar.

“Baie dankie, tannie Nicolene. Tannie weet nie watter groot verskil die kontaklense maak nie. Ek is so dankbaar,” het Lungelo gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button