Oom Cassie wen eerste plek

Al is hy 83, is Oom Cassie nog lank nie klaar gehardloop nie.

John Carstens, of Oom Cassie soos almal hom ken, is op 83 steeds besig om eerste plekke te verwerf.

Oom Cassie is deel van die meesterspan van die Roodepoort Atletiek Klub, wat in ouderdomsgroepe ingedeel word, en tans is hy deel van die 80 ouderdomsgroep.

Op 21 April het Oom Cassie aan die Noord Transvaal Kampioenskappe deelgeneem, waar hy eerste gekom het in beide die 100m en 400m, in sy ouderdomskategorie, Voor die kampioenskappe het hy in Sasolburg deelgeneem, waar hy eerste plek gekry het in die 100m. Oom Cassie het ook al aan sy 276ste parkrun deelgeneem.

Oor hoekom hy steeds hardloop sê Oom Cassie: “Ek is seker so gebore, maar ek moes eers kruip. Ek harloop al vandat ek kan onthou.”

Oom Cassie vertel hy het op ‘n plaas grootgeword en as die hoenders uit hulle hokke kom, of die koeie in die lande inkom moes hulle maar hardloop. Hy moes ook ver loop om by die skool te kom en as hy laat is moes hy maar hardloop.

Van sy skooldae af het Oom Cassie aan naellope deelgeneem. Op universiteit het hy egter begin fietry as gevolg van ‘n kniebesering wat hy opgedoen het. Hy was die eerste om erekleure te kry vir padfietsry. Na universiteit het hy weer aangegaan met atletiek. Hy was op ‘n stadium ook lid van die Krugersdorp Atletiek Klub.

Oom Cassie verduidelik die meestersbaan waar hy deelneem is vinnig en mens moet lang tree gee, anders as wat mens hardloop op die teerpad.

LEES MEER: Roodepoort Athletics Club getting their soles back to the tarmac

Oor sy prestasies in die 100m en 400m wedlope sê Oom Cassie dit was net opwarming, hy beoog om nog aan die 800m en 1500m wedlope deel te neem.

Vincent Meyer van die Roodepoort Atletiek Klub vertel, “Oom Cassie is vir ons ‘n groot inspirasie dat hy op sy ouderdom nog harloop, baie Saterdae oggende doen ons ‘n 10km of 15km en hy hardloop saam. Hy hardloop baie goed.

“Die Roodepoort Atletiek Klub is soos ‘n familie gevul met vriendskap. Daardie atmosfeer laat mens die ekstra treë gee wanneer jy aan ‘n wedloop deelneem. Dankie Roodies,” het oom Cassie afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version