Arno se 100ste parkrun net die begin

Al is hy maar net 18 is hy hard besig om opgang te maak in die sportwêreld.

Op 6 Mei het Pieter Arno Cilliers aan sy 100ste parkrun deelgeneem.

Arno hardloop nou al 11 jaar lank and is al vir 10 jaar ‘n lid van die Roodepoort Atletiek Klub. Hy studeer tans B.Com Besigheid en Sport Bestuur by die Noord-Wes Universiteit se Vaaldriehoekkampus.

Lede van die Roodepoort Atletiek Klub by die parkrun. Foto: Chanté Bolton.

Voor hy die parkrun gehardloop het, het hy deelgeneem aan die Wally Hayward 21.1km half-maraton in Pretoria en die wedloop klaargemaak as eerste junior.

“Ek voel nou ek is deel van die meer ervare atlete van die parkrunners as geheel. Ek doen parkruns om my weeklikse vordering uit te toets en ‘n tydtoets te doen. Meeste van my Saterdae begin met ‘n harde parkrun en dit bepaal my vordering van die week en hoe ek moet voorberei vir die weke wat kom,” het Arno vertel.

Buiten ‘n atleet is hy ook ‘n provinsiale hokkie speler en deel van die Suid-Gauteng hokkiespan bekend as die Southerns Opens Mens Hockey Team.

Sy doelwit vir die toekoms is om sy talente verder te ontwikkel, verder beoog hy om ‘n hokkie- en atletiek afrigter te word en ook eendag ‘n sportsbestuurder. Hy beplan verder om in 2025 aan die Comrades deel te neem.

“Ek wil net graag dankie sê aan almal wat daar is en was vir my deur al die jare, my familie wat my altyd motiveer en my mede kompetisie maats wat altyd daar is om my te druk wanneer ek dit nodig het en veral aan ons Pappa God vir die wonderlike talente wat ek mee geseën is,” het Arno afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version