Local newsSport

Jacques die volgende Springbok

Jacques is hierdie jaar die enigste een van Laerskool Dr Havinga om hierdie prestasie te behaal.

Een van Laerskool Dr Havinga se leerders, Jacques van Niekerk, is verkies tot die o12 Goue Leeus rugbyspan.

Jacques vertel hy voel baie goed oor die prestasie en berei nou al hiervoor vandat hy Sentraal-Wes rugby gespeel het. Hy glo rugby is die beste sport, maar dis nie al sport waaraan hy deelneem nie, hy speel ook hokkie, waar hy in die D12-span is

Skoolhoof Marius Swanepoel verduidelik hoekom dié skool se program juis so suksesvol is, “Dis die ding met jong onderwysers wat passievol is oor die sport. Daar is soveel wat hulle oordra na die kinders toe en dit ontwikkel hulle as rugbyspelers ongelooflik baie.”

Jacques is hierdie jaar die enigste een van Laerskool Dr Havinga om hierdie prestasie te behaal, hoewel daar al voorheen verskeie ander spelers verkies is.

Jacques van Niekerk is deel van die o12 Goeue Leeus rugbyspan. Foto: Chanté Bolton.

Jacques dra sy sukses toe aan sy boetie wat hom leer rugby speel het en sy rolmodel is Eben Etzebeth. Op die vraag wat is volgende stel Jacques dit duidelik … ‘Springbok’.

“Hy is ‘n begaafde rugbyspeler met goeie verdediging, hy is ‘n ongelooflike goeie draer, ‘n regte span man – die res van die span is vir hom baie belangrik,” het die hoof afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button