Sport

Vrouens verteenwoording Witpoortjie Bowling Club by BSA Nasionale Kampioenskappe

Witpoortjie Bowling Club neem deel aan BSA Vroue Nasionale Ope Kampioenskappe.

Witpoortjie — Vier vrouens van die Witpoortjie Rolbalklub beplan om deel te neem aan die Bowl South Africa (BSA) Vroue Nasionale Ope Kampioenskappe.

Die kampioenskappe vind vanaf 6 tot 14 Mei in Pretoria plaas. Volgens Susan Luüs, kaptein of ‘skip’ van die span, het hulle besluit om in te skryf vir die nasionale kampioenskappe om hulself en hul klub te verteenwoording en ook gees te bou in die proses.

Also read: Sisters of Hope hold bowls fun day at Florida North Bowling Club

Susan Luüs. Foto: Chanté Bolton.

“Ons gaan teen baie goeie spelers speel wat al SA verteenwoordig het maar dit gaan oor die spel op die dag en ons doel is om groot te gaan en elke wedstryd so goed as moontlik te speel en te wen,” het Susan vertel.

Op 21 Mei neem hierdie selfde span weer deel aan die Sables Bowling Association en in Julie neem hulle deel aan die Gauteng Ope, wat in Roodepoort plaasvind.

Also read: Witpoortjie Bowling Club celebrates their heritage

Sonja Jacobs. Foto: Chanté Bolton.

Die span bestaan uit Madelein Labuschagne, Lizel Myburgh, Sonja Jacobs en die kaptein, Susan.

“Hoe meer jy as span saam speel hoe meer gedug raak jy en ken jy jou maat se gevoel; sleg en goed op die dag,” vertel Susan en noem dat hulle juis dié span gekies het om aan die nasionale ope deel te neem.

Madelein Labuschagne. Foto: Chanté Bolton.
Susan Luüs, Sonja Jacobs, Lizel Myburgh en Madelein Labuschagne. Foto: Chanté Bolton.

Related Articles

Back to top button