Local sportSport

Kruiners-gimnas wen silwer

'n Jong gimnas van Laerskool Helderkruin het CGGA-beoordelaars beïndruk tydens die Sentraal Gautengse Distrikgimnastiekkompetisie.

Dit verg jare se oefening, harde werk en deursettingsvermoë om ‘n gimnas te wees.

Vir toeskouers is dit ‘n pragtige en betowerende sport, maar gimnaste gaan deur jare se strawwe en uitputtende oefensessies om daardie punt te bereik. Hulle plaas baie druk op hul liggame om soepel en sterk genoeg te wees vir dit wat van hulle verwag word.

‘n Graad 5-leerder van Laerskool Helderkruin het bewys dat mens nooit te jonk is om die vrugte van jou harde werk te pluk nie. Minke Cronje het die beoordelaars van die Central Gauteng Gymnastics Association (CGGA) beïndruk toe sy op 5 Junie aan die Sentraal-Gautengse Distrikgimnastiekkompetisie deelgeneem het.

Die kompetisie is deur Junxion Gymnastics Club aangebied, en Minke het in Vlak 1 tot 3 Dogters meegeding. Die gimnas van Visions Gymnastics Club het nie net ‘n algehele silwermedalje verower nie, sy het ook haar halfkleure in Sentraal-Gauteng Gimnastiek verwerf.

Minke was een van 60 meisies wat daardie dag hul halwe kleure behaal het. Welgedaan, Minke!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button