School sportSport

Laerskool Horison laat hulle geld by D12-atletiekbyeenkoms

Die atlete het op 13 en 14 Maart aan die Gauteng Kampioenskappe by Ruimsig Stadion deelgeneem.

Laerskool Horison se atlete het tydens die D12-atletiekbyeenkoms wat op Donderdag, 5 Maart by Ruimsig Stadion gehou is, in verskeie items hul talente ten toon gestel.

Uit die 25 atlete wat vroeër vanjaar in die Roodepoort-span opgeneem is, is 16 vir die D12-atletiekspan gekies wat aan altesaam 18 verskillende items deelgeneem het.

Ses atlete, Chané Fourie, Shantay Otto, Melisa Mc Mahon, Hugo Rossouw, Keegan Coetzee en Hanru Begemann, het hul items tydens die D12-byeenkoms gewen.

Die atlete het op 13 en 14 Maart aan die Gauteng Kampioenskappe by Ruimsig Stadion deelgeneem.

Related Articles

Back to top button