Hoërskool Bastion het op Saterdag, 14 Maart gasheer gespeel vir Hoërskool Brits in die derde aflewering van die Puk-skolereeks.
Die kompetisie op die veld was straf en Bastion se hokkie-, netbal- en rugbyspanne het aan die einde van die dag met gemengde welslae gespog.
Die o.15-rugbyspan het Brits met ‘n telling van 26–7 geklop en al die netbalspanne kon met ‘n oorwinning spog. Die eerstedogtershokkiespan het na ‘n harde wedstryd ongelukkig met 2–1 verloor.
Vir meer foto’s, kliek hier.