School sportSport

Florrie-atlete haal Top 20 in Gauteng

Met hul prestasies in hullonderskeie items het hulle die Top 20 Gauteng-atletiekspan gehaal.

Tydens die jaarlikse Gauteng Atletiekbyeenkoms wat vanjaar op 14 Maart by Ruimsig Stadion gehou is, het die Florrie-atlete hulle skool se naam in verskeie items hoog gehou.

Sewe atlete van Hoërskool Florida het tydens die byeenkoms uitgeblink en het met hul prestasies in hulle onderskeie items die Top 20 Gauteng-atletiekspan gehaal.

• Natasha Botes eindig in die algeheel 20ste plek in Gauteng in die 3 000 meter vir o.15-dogters

• Alicia Morton eindig in die algeheel sesde plek in Gauteng in gewigstoot vir o.19-dogters; en in die agtste plek in diskus vir o.19-dogters

• Megan McMahon eindig in die algeheel 15de plek in Gauteng in die 800 meter vir o.15-dogters

• Sadene Cassels haal die Gauteng-finaal in die 200m

• Hanré van Rooyen eindig in die algeheel 10de plek in Gauteng in spiesgooi vir o.15-seuns

• Reinardt Appelgrein eindig in die algeheel sesde plek in Gauteng in spiesgooi vir o.17-seuns

• Sam Dlamini eindig in die algeheel 11de plek in Gauteng in verspring vir o.17-seuns

Related Articles

Back to top button