Roodies-atlete maak geskiedenis tydens D12-byeenkoms

Benewens die goeie prestasies, spog hulle met vier atlete wat nuwe rekords tydens die D12-byeenkoms opgestel het.

Tydens die jaarlikse D12-atletiekkampioenskappe wat op 3 Maart by Ruimsig Stadion gehou is, het 29 Roodie-atlete hulle talente op die veld en baan ten toon gestel.

Roodies het op verskeie vlakke presteer en palm 25 goue-, 14 silwer-, en vyf bronsmedaljes in. Benewens die goeie prestasies spog hulle met vier atlete wat tydens die D12-byeenkoms geskiedenis gemaak het. Tanya Pelser en Jan Kruger het albei ‘n nuwe rekord in die 1 200 meter opgestel. Tanya het ‘n tyd van vier minute 13 sekondes, en Jan het ‘n tyd van vier minute opgestel. Keegan Els het die vorige verspringrekord oortref en stel ‘n nuwe rekord van 4,59 meter op. Spiesgooiatleet Stian Zopick het ‘n nuwe rekord met ‘n afstand van 35,29 meter in die item opgestel.

Laerskool Roodekrans is baie trots op 25 van hulle superatlete wat vir die D12-atletiekspan gekies is om die Diistrik tydens die Gauteng Kampioenskappe op 13 en 14 Maart te verteenwoordig. Hulle gaan aan altesaam 31 items deelneem.

“Die Roodie-familie is voorwaar trots op elke atleet wat deelgeneem het. Dankie vir jul harde werk en toewyding,” het Theolene Pienaar van Laerskool Roodekrans bygevoeg.

Exit mobile version