Judokas bereik hoogtes by jaarlikse nasionale proewe

Ivan het met sy prestasies vir die Statebondkampioenskappe gekwalifiseer.

Vier judokas van die Doryoku-judoklub het die nuwe jaar se aksie op ‘n hoë noot by die eerste Nasionale Kampioenskapsproewe afgeskop.

Die judokas Tegan Malherbe, Ivan Olivier, CJ Schutte en Ruben Cordier het op 7 Januarie aan die proewe gaan deelneem. Daartydens het Tegan ‘n tweede plek, Ivan ‘n eerste plek en CJ ‘n vierde plek behaal. Ruben het daarna aan die Statebondkampioenskapsproewe deelgeneem en ‘n algehele vyfde plek behaal.

Ivan het met sy prestasies vir die Statebondkampioenskappe gekwalifiseer, en sal in September in Port Elizabeth daaraan gaan deelneem.

“Ons is trots op die judoka. Ons wag om te hoor of Tegan en CJ ook sal kwalifiseer om aan die Statebondskampioenskappe deel te neem,” het Danie Bruwer, afrigter van Doryoku-judoklub afgesluit.

Exit mobile version