Tegan Malherbe en Ivan Olivier, judokas van die Doryoku-judoklub het verlede Desember die swartgordel-graderingseksamen afgelê, en met groot sukses geslaag.
Hulle is ook vanjaar deur die Suid-Afrikaanse Judo Federasie as twee van die topklas-skeidsregters in judo aangewys.
Hulle het nie net vroeg vanjaar hul afrigter trots gemaak toe hulle tydens die gradering uitgeblink het nie, maar hulle het dit reeds verlede jaar gedoen toe albei hul nasionale kleure vir Kurash (‘n Oezbekistanse gevegskuns soortgelyk aan judo) verower het.