Latest SportSport

Judokas presteer as topklas-skeidsregters

Tegan en Ivan is ook onlangs deur die Suid-Afrikaanse Judo Federasie aangewys as twee van die topklas skeidsregters in judo

Tegan Malherbe en Ivan Olivier, judokas van die Doryoku-judoklub het verlede Desember die swartgordel-graderingseksamen afgelê, en met groot sukses geslaag.

Hulle is ook vanjaar deur die Suid-Afrikaanse Judo Federasie as twee van die topklas-skeidsregters in judo aangewys.

Ivan Olivier (voor) lig vir CJ Schutte. Foto: Halisje Crous.

Hulle het nie net vroeg vanjaar hul afrigter trots gemaak toe hulle tydens die gradering uitgeblink het nie, maar hulle het dit reeds verlede jaar gedoen toe albei hul nasionale kleure vir Kurash (‘n Oezbekistanse gevegskuns soortgelyk aan judo) verower het.

Ivan Olivier en Tegan Malherbe in aksie. Foto: Halisje Crous.

Related Articles

Back to top button