Atlete wys hul staal by interskoleatletiekbyeenkoms

Die hitte het nie die atlete gekeer om hul beste te gee nie.

Op 13 Februarie het verskeie laerskoolatlete by die jaarlikse Kluster C D12 Interskole-atletiekbyeenkoms by Ruimsig Stadion die geleentheid gehad om hulle talente in die onderskeie items ten toon te stel.

Atlete van Laerskool Florida, Weltevreden Park Primary, Laerskool Roodebeeck, Laerskool Generaal De La Rey en Unified Primary het met mekaar gekompeteer .

Jermie Tambwe van Weltevreden Park Primary. Foto: Halisje Crous.

Die atlete het hul skool se naam hoog gehou in velditems soos gewigstoot, diskus en spiesgooi, en baanitems soos naellope en langafstande. Ten spyte van die hitte het die atlete gewys waartoe hulle in staat is en was dit heel duidelik wie in die toekom groot hoogtes gaan bereik.

Vir meer foto’s, kliek hier:

Exit mobile version