Laerskool Roodekrans kondig Top 20-atlete aan

Twintig van die beste Roodies-atlete is vir vanjaar se byeenkomste gekies.

Laerskool Roodekrans het met trots vroeër in die jaar hulle Top 20-atletiekspan aangekondig, wat vanjaar hulle talente in die onderskeie items ten toon stel.

Die Top 20-span bestaan uit die top vier atlete in elke ouderdomsgroep wat tydens vanjaar se byeenkomste hul skool se naam sal hoog hou.

Die o.10-atlete, Keegan Els, Jan Kruger, Taya Pelser, en Miecke van der Merwe. Foto: Verskaf.

Tydens die jaarlikse Top 20-atletiekbyeenkoms wat op 8 Februarie by Ruimsig Stadion plaasgevind het, het dié 20 atlete met die allerbestes gekompeteer.

Die Top 20-atlete is soos volg in hulle ouderdomsgroepe gekies:

• o.8 en o.9

Isabella Steynberg (meisies 80m)

Marize Odendaal (meisies 60m)

Mile Olivier (meisies 80m)

Ethan Smit (seuns 80m)

• o.10

Keegan Els (seuns 80m, 100m en verspring)

Jan Kruger (seuns 1 200m)

Taya Pelser (meisies 1 200m)

Miecke van der Merwe (meisies 80m en 100m)

• o.11

Heinrich Smith (seuns hoogspring)

Matteo Marx (seuns verspring)

Miandi Breedt (meisies 100m en verspring)

Denelka Dreyer (meisies 80m, 100m en verspring)

• o.12

Kayleigh Pienaar (meisies 150m en 1 200m)

Dakota Coetzee (meisies hoogspring)

Sharne Schutte (meisies 100m en 150m)

Marcus van Zyl (seuns 100m en 150m)

• o.13

Stefan Nagel (seuns 100m)

Thabiso Mohome (seuns verspring)

Darius Maritz (seuns 80m hekkies en verspring)

Leani Swanepoel (meisies 1 500m)

Die o.10-atlete, Keegan Els, Jan Kruger, Taya Pelser, en Miecke van der Merwe. Foto: Verskaf.
Die o.11-atlete, Heinrich Smith, Matteo Marx, Miandi Breedt en Denelka Dreyer. Foto: Verskaf.
Die o.13-atlete, Stefan Nagel, Thabiso Mohome, Darius Maritz en Leani Swanepoel. Foto: Verskaf
Die o.8- en o.9-atlete, Isabella Steynberg, Marize Odendaal, Mile Olivier en Ethan Smit. Foto: Verskaf.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version