Florrie-leerders voltooi 47ste Midmar Myl

Florrie-deelnemers het in die multimylerskategorie deelgeneem, wat beteken dat 'n afstand van tussen agt en 12,8 kilometer geswem word

Die eerste Midmar Myl-swembyeenkoms het in 1974 plaasgevind, en staan sedert 2009 in die Guinness World Records opgeteken as die wêreld se grootste oopwater-swembyeenkoms.

Dit is vanjaar die sewende jaar dat Hoërskool Florida aan die byeenkoms deelneem, en spog met vyf van hulle eie leerders wat die 47ste Midmar Myl op 8 en 9 Februarie voltooi het.

Florrie-deelnemers het in die multimylerskategorie deelgeneem, wat beteken dat ‘n afstand van tussen agt en 12,8 kilometer geswem word.

Keagan Oliver is in die agtmylklub opgeneem, en wend haar liefde vir swem aan ten bate van die beskerming van renosters. Tydens die byeenkoms was sy verantwoordelik vir die bewusmaking en fondsinsameling vir hierdie saak. Sy net dié jaar R21 000 ten bate van die Ezemvelo Wild Live Trust ingesamel, en ’n spesiale silwermedalje vir haar goedhartigheid ontvang.

Simoné van Staden het die sewemylafstand aangedurf, en het as ondersteuningsgids ’n gestremde swemmer gehelp om die afstand te voltooi.

Die Florries kan die volgende spogtye agter hul name skryf:

• Keagan Oliver – 32 minute and 31 sekondes

• Simoné van Staden – 33 minute en 31 sekondes

•Dana Janse van Vuuren – 43 minute en twee sekondes

•Daniëlla van Staden – 41 minute en 59 sekondes

•Mia Janse van Vuuren – 37 minute en 47 sekondes

Exit mobile version