School sportSport

Florrie-atlete presteer by kampioenskappe

Florrie-leerders laat hulself geld by vanjaar se atletiekbyeenkomste.

 

Keanu en Domunique Nel van Laerskool Florida het hul skool se naam tydens vanjaar se atletiekbyeenkomste hoog gehou.

By die Gauteng-Noord Atletiekkampioenskappe het Keanu tweede plek in gewigstoot, vyfde plek in o.13-diskus, en eerste plek in die o.12-diskus behaal. Domunique was derde in die o.11-gewigstoot en eerste in die o.10-gewigstoot.

Met hierdie prestasies het die twee na die Sentraal-Gauteng Atletiekkampioenskappe op 22 September deurgedring.

Daar was Keanu eerste in gewigstoot, spiesgooi en turbospiesgooi, waarvoor ‘n korter, ligter spies met ‘n stomp punt en vere aan die agterkant gebruik word. Hy het ook ‘n algehele derde plek in die o.13-diskus en ‘n eerste plek in die o.12-diskus behaal.

Domunique was eerste in turbospiesgooi, algeheel vyfde in die o.11-gewigstoot, en tweede in die o.10-gewigstoot.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button