Local sportSport

WSG-stoeiers vorder na SA’s

Veertien Wesrand-stoeiers kwalifiseer vir SA-kampioenskappe

 

Veertien stoeiers van die Wesrand Stoeigimnasium (WSG) is vanjaar in die Sentraal-Gautengse stoeispan opgeneem, en het op 27 en 28 September aan die Suid-Afrikaanse Jeugstoeikampioenskappe in Pretoria deelgeneem.

Drie van die stoeiers, Celine van Rheede van Oudtshoorn, Ruan Nel en Tylor Burkett, het aan die begin van die jaar na die SA’s deurgedring, en in Maart aan die kampioenskappe deelgeneem. Hulle het ook vir die SA Kampioenskappe gekwalifiseer wat einde vandeesmaand (September) gehou word.

Arno Viviers is een van WSG se stoeiers wat vir die eerste keer vir deelname aan die SA Kampioenskappe gekwalifiseer het. Hy het in die o.9-ouderdomsgroep deelgeneem.

Die stoeiers wat aan die SA’s gaan deelneem, is:

• Tavian Maritz

• Reinhardt Roos

• Hanre van der Merwe

• Adriaan van Tonder

• Arno Viviers

• Dewald Engelbrecht

• Rick van der Berg

• JanZias van der Merwe

• Tylor Burkett

• Ruan Nel

• Robert Hurn

• Rhenzo Retief

• Celine van Rheede van Oudtshoorn

• Deanin Marais

• Tiaan Classen

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button